top of page

Verstaan jy die Moderamenbrief aan Gemeentes?


Versoek tot meer duidelikheid

In die lig van die gewigtigheid van die besluit wat voor die deur van gemeentes gelê word is dit belangrik dat daar geen onduidelikheid is nie.  Dit is om die rede dat ons graag duidelikheid wil kry oor seker terme en bewoordings wat gebruik word in die brief:

1.1 Spesifieke woorde:

1.1.1 Herdefinieer

Verduidelik asseblief wat bedoel word met die woord "herdefinieer". Soos dit staan is die betekenis of bedoeling nie duidelik nie.  Verduidelik asseblief.

1.1.2 "...instemming kry rakende die herdefiniëring..."

"Instemming":  Verwag julle 'n JA of NEE antwoord of is daar ander maniere wat julle voorsien die vraag ge-antwoord kan word.  Soek julle slegs bevestiging.

1.1.3 "In die lig van God se Woord is die Ned. Geref. Kerk in Namibië oordeel ons dat:..."

In hierdie sin wil ons graag weet wat met die term "oordeel”bedoel word en die magte wat julle het om die term te gebruik.

1.1.4 "Dikwels help die besluite van die Algemene Sinode ons nie met die praktiese uitlewing van ons plaaslike roeping nie."

Kan julle asseblief verduideik hoe die Algemene Sinode die uitvoering van ons plaaslike roeping belemmer.  

1.1.5 "...gaan in die praktyk vra dat daar ‘n afstand tussen ons en die Algemene Sinode moet kom..."

·        Ons sal graag klarigheid wil hê hoe afstand van die AS dinge gaan makliker maak.  Dit is baie onduidelik met die min inligting tot ons beskikking.

·        Wat is die lys van sake wat geraak word, of potensieel geraak word deur die besluit en die konsekwensies wat reeds verreken of nie verreken is nie, maar net nie aan ons deurgegee is nie. Is daar finansiele implikasies en hoe is dit verreken in ‘n behoorlike risiko analise.  Ons sal dit ook vir ons gemeentes moet kan uitlig.

1.1.6 "Van die kerke hier het ook nie vrede met besluite van die Algemene Sinode en teologiese strominge daar nie."

Die stelling is baie in die lug en sal ons ondersteunende bewyse wil hê anders is dit baie moeilik om te verduidelik.

1.1.7 "...uit die verband tree met die Algemene Sinode."

·        Kan julle asseblief ons inlig oor die denkproses rakende die risiko's en voordele wat sulke besluit inhou?  Wat is die lys van sake wat geraak word, of potensieel geraak word deur die besluit en die konsekwensies wat reeds verreken of nie verreken is nie, maar net nie aan ons deurgegee is nie. Is daar finansiele implikasies en hoe is dit verreken in ‘n behoorlike risiko analise.  Ons sal dit ook vir ons gemeentes moet kan uitlig.

Daar word nie verduidelik wat die impak op ons kerkstruktuur gaan wees nie.

1.1.8 "...wanneer hulle so ’n stap voor God in die lig van sy Woord kan regverdig."

Kan julle ons asseblief inlig oor hoe julle sien julle die stap voor God kan regverdig.

1.1.9 "...krities-profetiese stem..."

Kan julle asseblief verduidelik hoe ons as kerk 'n krities-profetiese stem gaan hê as 'n buitestaander.  Hoe vind sulke kommunikasie plaas?

1.1.10 die Gereformeerde familie in Suidelike Afrika

Daar word meer as eenkeer verwys na die vehouding met die "Gereformeerde familie"  maar nie een keer na 'n verhouding met die AS nie. Wat is die huidige strukture wat in plek is wat die Gereformeerde familie organiseer, waarme ons ‘n verhouding moet bou. Verduidelik asseblief.

1.1.11 "...beste belang vir die toekoms van die kerk”

Die toekoms van ons kerk is 'n baie ernstige saak en daarom wil ons graag hê julle moet vir ons 'n voorskou gee hoe julle die toekoms van die kerk sien in die lig van die besluit.

1.1.12 "...die eer van Jesus, die Hoof van die kerk."

Verduidelik aseblief hoe hierdie voorgestelde skeuring die stelling ondersteun.

1.1.13 Hoe is julle slotsom dat ons"...in gehoorsaamheid optree..." en "...ons roeping verstaan..." Wat is die implikasie op die redding van ons lidmate en as kerk en die van die AS.

Aangesien daar geen twyfel is dat die moderamen die erns en spoedeisendheid van die proses binne die tydsraam wat aan ons as gemeentes gegee is nie, verstaan vertrou ons dat u dan ook hierdie skrywe met dringendheid sal aanspreek.

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page