top of page

Verskille tussen 2015 en 2023 SGV besluite

By die NG Kerk se 2015 Algemene Sinode was 'n baie progressiewe besluit oor selfdegeslagsverhoudings geneem. Die volledige besluit het die volgende kernaspekte ingesluit:

·         Erkenning van Selfdegeslagverhoudings: Die NG Kerk het besluit om selfdegeslagverhoudings te erken. Hierdie stap het beteken dat die kerk sou begin om verhoudings tussen mense van dieselfde geslag as legitiem en aanvaarbaar te beskou.

·         Seën van Selfdegeslagverhoudings: Die besluit het ingesluit dat selfdegeslagverhoudings in die kerk geseën mag word. Dit het 'n formele erkenning en seëning deur die kerk self moontlik gemaak, wat 'n belangrike stap was vir die regte en erkenning van LGBTQ+ lidmate in die NG Kerk.

·         Gay Predikante in Verhoudings: 'n Verdere sleutelbesluit was dat gay predikante in selfdegeslagverhoudings kon voortgaan om in die kerk te dien, sonder dat van hulle verwag is om selibaat te bly. Dit het die deure oopgemaak vir volwaardige diens van predikante wat in sodanige verhoudings is.

Reaksie op die 2015-besluit:

Alhoewel die besluit verwelkom was deur progressiewe lede van die kerk, het dit groot teenstand ontlok van meer behoudende groepe binne die NG Kerk. Hierdie verdeeldheid het na menigte betoogskrifte en grafamina daartoe gelei dat die besluit in 2016 herroep is. Die herroeping het getoon hoe diep verdeel die kerk was oor die kwessie van selfdegeslagsverhoudings.   Weens groot druk is die 2015-besluit by die volgende vergadering in 2016 teruggetrek. Die NG Kerk het toe herbevestig dat dit aan die tradisionele standpunt van die kerk vashou, naamlik dat die huwelik slegs tussen een man en een vrou behoort te wees.

Die Algemene Sinode 2023 het as volg gelei:

-           dat die huwelik as ’n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou, ’n Godgegewe veilige ruimte is waarin die waardes van liefde en trou, wedersydse respek en versorging tot vervulling kom;

-          dat daar onder ons verskillende sieninge oor die status van selfdegeslag-verbintenisse bestaan;

-          dat alle vorme van losbandigheid en promiskuïteit verwerp word;

-          dat daar ruimte geskep is vir kerkrade en predikante wat hul weg oopsien om burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag te bevestig, asook vir hulle wat nie hul weg daartoe oopsien nie.

Daar is wesenlik verskille tussen die 2 besluite veral in die sin dat die status van die huwelik weer duidelik bevestig is as een tussen een man en een vrou.  Wat die besluit erken is dat daar wesenlike verskille tussen lidmate oor die saak is en dat ons in liefde die saak verder sal hanteer.  Wat wel die grootste kopseer vir sekere mense is, is die punt oor burgerlike huwelike alhoewel dit nie ‘n kerklike bevestiging is nie maar wel deur die landswette ruimte het (nie geldig in Namibië nie).  Omdat baie predikante wetlike huweliksbevestigers is sien ek dat hulle daarvoor die reg mag gebruik mits hul gemeentes toestem.  Om verder ruimte te bied aan die gemeentes wat steeds ‘n probleem ondervind, is artikel 32 ook gewysig (hangende) om buite geografiese grense met ander as streeksinodes te assosieer.

Recent Posts

See All
Gemanipluleer of Vry

Artikel 23.1 van die NG Kerkorde bepaal dat besluite van kerkvergaderings of hul gevolmagtigdes bindend is, mits hierdie besluite nie in...

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page