top of page
Andre Mouton

Andre Mouton

Admin
More actions

Profile

Join date: Apr 15, 2024

Posts (95)

Nov 15, 2026 ∙ 9 min
Ons hermeneutiek moet uit ons roeping groei
Watter beginsels behoort die NGKN se verstaan van die Skrif te rig? Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Namibië staan voor 'n belangrike besluit oor die hermeneutiese grondslag waarvolgens ons die Bybel verstaan en gebruik. Dit is nie bloot 'n akademiese vraagstuk nie. Die hermeneutiek wat ons aanvaar, sal 'n bepalende invloed hê op hoe ons die Skrif lees, hoe ons teologiese verskille hanteer, hoe ons kerklike besluite neem en uiteindelik watter soort geloofsgemeenskap ons word. Daarom meen...

1
0
Nov 13, 2026 ∙ 4 min
Wanneer die bome die bos verberg
Waarom ons eers oor ons vertrekpunt moet saamstem voordat ons oor die besonderhede verskil Ek kom al hoe meer tot die besef hoe moeilik dit soms is om die groter geheel raak te sien wanneer ons met 'n reeds uitgewerkte voorsteldokument gekonfronteer word. Die Engelse uitdrukking “Can't see the forest for the trees” beskryf dit besonder goed. Wanneer 'n dokument reeds volledig ontwikkel is, met sy eie struktuur, begrippe, argumente en gevolgtrekkings, is ons geneig om die logika daarvan te...

9
0
Nov 12, 2026 ∙ 2 min
Opening van die Gesprek oor voorgestelde NGKN-hermeneutiek
Na aanleiding van die rondgaande besprekings omtrent die Kerkorde, Reglemente en Hermeneutiek wat in Maart 2027 finaal aanvaar moet word, wil ek graag voorstel dat ons die gesprek oor die voorgestelde NGKN-hermeneutiek ook hier verder voer. Relatief min lidmate en ampsdraers het die geleenthede gebruik sover om die geleenthede by te woon, maar die saak waaroor ons in Maart 2027 moet besluit, raak uiteindelik ons almal. Dit gaan na my mening oor veel meer as die goedkeuring van ’n teologiese...

12
0
bottom of page