top of page

Oordeel of Liefde




Kanseleringskultuur, of “cancel culture” is 'n nare fenomeen wat toenemend kopuitsteek, ongelukkig ook in die kerk.  Namibiers wat ouer as 50 is sal die dae van DTA en AKTUR politiek onthou.  Toe al het ek kanselasie beleef.  Ek onthou my pa was een van die Dirk Mudge ondersteuners wat in die tyd weg gebreek het van die Nationale party en toe die Republikeinse party gestig het.   Ek onthou een dag hoe ons by ‘n vulstasie brandstof ingetap het en ‘n ou vriend van my pa uit die diep suide ook daar aangekom het. Groot was my verbasing toe hy my pa se toenadering om te groet totaal geignoreer het en net aangegaan het asof ons nie bestaan het nie.

Ongelukkig kan baie van ons sê dat ons soortgelyke belewenissse al gehad het.  Die verskil nou is dat die “labelling” baie vining voete kry met sosiale media.  Baie terme wat ons deesdae hoor soos “Black lives matter” is tipies so ‘n geval.  Wat dit basies poog om te doen is dat as jy nie soos ek is nie, jy nie die reg op opinie het nie behalwe om apologeties te wees nie, want enige iets wat klink soos ‘n teenstelling van die standpunt sal eenvoudig net bevestiging van sonde wees.  Om dit dan nou direk te stel is dit ’n praktyk waar iemand of idees geboikot of geïgnoreer word as gevolg van vermeende onaanvaarbare gedrag, uitsprake of oortuigings.

So het kanseleringskultuur dan ook die NG Kerk se ruimte betree. In die eerste plek is diversiteit eenvoudig deel van elke samelewing.  Nie eers gesinne spring dit vry nie.  Seker verskille is ooglopend en vir daai een het ons al reeds geval en probeer nou nog om die juk af te skud.  Die ander een is diversiteit in denke.  In die korporatiewe wêreld leer ons dat ons moet poog om weg te kom van “eco chambers” waar almal dieselfde dink en doen en as gevolg daarvan groot besigheidsrisiko’s nie raak sien nie.  So ons kyk dan om mense met verskillende persoonlikheidstipes te kombineer wat dan meer bevraagtekening tot gevolg het wat lei tot ‘n verlaging van die risiko in die besigheid.

So bestaan dieselfde konsep in die teologie of te wel die kerk.  Verskillende persoonlikhede volg verskillende denkpatrone wat verwesenlik word in die verskillende skrifinterpretasies wat bestaan.  Dit reken ek is ook die dieper rede hoekom daar verskillende denominasies bestaan.  Mense is eenvoudig nie dieselfde nie.

Leiers moet bewus wees van die sosiale media-omgewing en die moontlikheid van hulle uitsprake om gekanselleer te word.  Nee.  Eintlik is dit die verkeerde stelling.  Wat kanselasie doen is om onverdraagsaamheid te demonstreer.  Waarom, as iemand volgens sy oortuiging optree, waarop hy ‘n reg het, moet so n persoon gekanseleer word?  Net soos elkeen verantwoordelikheid moet vat vir wat hy/sy sê, moet elkeen ook die reg hê om iemand se stelling te bevraagteken.  Dit behoort binne ‘n gesonde gesprek uit geklaar te word.  Dit gaan nie oor oortuiging nie, maar oor die verstaan vanwaar die ander kom.  Dan eers kan ons vorentoe. Dit word genoem polariteit en nie beginsels nie. Anders as probleme wat oplosgelos kan word, kan polariteite net begryp word.

Die posisie nou is egter heel anders.  Daar is ‘n totale onverdraagsaamheid en miskenning van die bestaan daarvan dat ons van mekaar mag verskil.

Die strategie wat gebruik word sien ek as kanselasie gedrag.  Die eerste wat gedoen word is om die ander van afvalligheid te beskuldig.  Om my punt te probeer ondersteun word halwe waarhede gebruik – oor so ‘n lang tyd dat dit die waarheid raak.  Dit lê nie in die eerste leuen nie maar in die oorvertel deur ander wat die integriteit van die leunaar verkeerd gelees het.  Die oorvertel maak dit die waarheid.  So raak ‘n hele gemeenskap vergiftig en word stategiese skuiwe op dié valshede gemaak. 

Ek weet nie wat hierdie genoem moet word nie, maar dit vat nie veel moeite om die NGKerk webwerf te besoek en die besluite self te lees en te sien dat die meeste van die argumente nie eers daar is nie.  Ek noem dit wolf in skaapklere.   Die vraag is egter hoekom word dit gedoen. Hoekom streef ons eksklusiwiteit na?   In een van my vele gesprekke rondom die verdelingsdebat hoor ek die volgende: “Ek het baie baptistiese vriende en alhoewel ek glo dat hulle verkeerd glo, is dit OK, ons sit ten minste nie in die selfde kerk nie.  Daarom kan ek nie langs ‘n homoseksuele paartjie in die kerk sit en weet hulle is ook lidmate van my gemeente nie.”.

As dit ‘n individuele standpunt of worsteling is, is dit mos reg maar as dit die standpunt van die leierskap is of deur die leierskap aangemoedig word is dit ‘n ander saak.  Hoe verstaan ons Jesus se boodskap wat Hy hier op aarde kom openbaar maak het?  Ten einde is dit mos nie my kerk nie, maar Christus se kerk.  Hoe word die leierskap veral hier, die predikante aanspreeklik gehou vir die dwaling wat hulle veroorsaak.  Wat probeer hier bereik word?  Wil ons die kerk ons kerk maak of wil ons in die selfde slagyster trap waarin die fariseers van oud getrap het.  Die HOE ons Kerk bedryf word meer belangrik as die WIE ons dien. Loop ons nie nou die volsirkel nie.  In plaas daarvan dat ons, onsself minder ag word my behoeftes van hoe ek wil voel eerste gestel. 

Jesus sê dat Hy die sondaar lief het en deur Sy kruisdood vir elkeen die geleentheid wil gee om Sy koninkryk te betree. Die wat reeds die koninkrykspad betree het, het die verantwoordelikheid om elkeen die kans te gee om ook Sy almag te beleef.  Wat sy oortreding ookal is?  Elke Christen het die verantwoordelikheid om daar te wees om te help en te ondersteun as Hy ons nodig het en ook waar Hy ons nodig het.  Dit is nie ons werk om Regter te speel nie.  Nog minder om god te wees nie.

My pa het nie verander toe hy sy politieke standpunt verander het nie, hy was nog dieselde mens.  Soos dit onregverdig is om hom te verwerp in daai situasie, so het ons nie die reg om mense te verwerp op grond van hul dade nie.  Jesus het nie die Fariseers tereg gewys oor hul gebrek aan godsdienstigheid nie, maar hulle gebrek aan liefde vir God en mense.  Daardeur het hy reeds vir ons probeer sê dat liefde die wet saamvat en dus daardeur ons gedrag moet omskryf.  Liefde vir God en liefde vir die mense rondom ons.



Recent Posts

See All
Hoe en Waarom Ons God Dien

'n Nuttige manier om na die verhouding tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament te kyk is om te veronderstel dat die ou testament...

 
 
 

Comentarios

Obtuvo 0 de 5 estrellas.
Aún no hay calificaciones

Agrega una calificación
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page