top of page

Perfeksionisme is ‘n Afwyking




Perfeksionisme is ‘n verskynsel wat baie te sien is in die samelewing maar ook in ons Christelike gemeenskappe.  Perfeksionisme het die manier om my manier bo ander se manier van doen te plaas.  Dit is ‘n soort van meerderwaardigheid.  Daar is geen spektrum van diversiteit moontlik tussen christene oor hoe hulle kan beleef en glo nie.  Omdat ons as Christene ‘n onfeilbare Christus volg, moet almal dus ook perfek soos Jesus wees.  As ons nie perfek is nie, is ons nie ernstig oor ons geloof nie.  Hierdie mistasting ontmoedig baie mense wat andersins bruikbaar vir God kon wees en laat moetverloor hulle eers begin het.  Die poging om perfeksionisme op jouself en ook ander te forseer is ook defnitief nie Jesus se boodskap in die Bybel nie.

In die Bybel is Dawid seker die beste voorbeeld van ‘n onperfekte mens, van begin tot einde.  Die lewe van Dawid is ‘n doolhof van dwaalpaaie en allermins iemand om na te volg.  Die storie van Dawid in nie ‘n storie van ‘n lewe hoe God dit wou gehad het nie maar dit was wat Hy kon doen met iemand net soos hy was.  Deur alles wat ons lees oor Dawid, was hy ‘n man van God maar ons weet uit dieselfde storie dat hy nie perfek was nie.  Die storie leer een ding en dit is dat die Heilige Gees nie op soek is na perfekte mense om die werk van God te doen nie. Hy werk met ons net soos ons is, met al ons foute. (Heb 4:15) 

Die manier hoe Jesus die wêreld liefhet en red, is op ‘n persoonlike vlak.  In teenstelling met hoe die wêreldse manier van doen is, waar veralgemening en die onpersoonlike manier van dinge doen, die botoon voer.  Jesus is nie ‘n toevoeging tot hierdie soort wêreld nie, maar ‘n alternatief.  Ons kan nie onpersoonlike metodes en woorde gebruik om iets persoonlik te sê nie.  Geloof is persoonlik of niks.

(Eugene Peterson, The Jesus Way)

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Compartilhe sua opiniãoSeja o primeiro a escrever um comentário.
bottom of page