top of page

Ons moet ‘n brug bou

Om 'n brug te bou tussen verskillende sienings en uitgangspunte binne die kerk, of selfs in breër gemeenskappe, is nie maklik nie maar ‘n noodsaaklike proses om eenheid te bevorder sonder om die waarheid van die evangelie prys te gee.   Dit behels om volle aandag te gee aan die ander se standpunt sonder om dadelik te oordeel of te weerlê.  Dit sal help om 'n ruimte te skep waarbinne mense kan voel dat hulle gehoor en verstaan word, selfs al stem ons nie saam nie (Jakobus 1:19). 

Ons moet fokus op gemeenskaplike grond wat behels  dat ons ons gedeelde waardes, geloofswaarhede, en doelwitte moet identifiseer.  Deur dit te doen bou ons 'n gevoel van samewerking en herinner ons almal dat ons 'n gemeenskaplike roeping het – om Christus te volg en Sy liefde uit te leef (Efesiërs 4:4-6).   Dit is ongelukkig so dat elkeen van ons moet aanvaar dat my standpunt nie altyd volledig of foutloos is nie. Daarom moet ons bereid wees om te leer en ons sienings aan te pas.  Deur nederig te wees help dit ons om wedersydse  vertroue te bou en dit verminder die spanning wat bestaan. (Filippense 2:3-4).  Ons moet liefde bo regwees prioritiseer.  Dit behels dat, al voel ek sterk oor my standpunt,  ek myself voortdurend moet afvra: “Hoe kan ek in liefde optree?”.  Liefde verenig en stel 'n voorbeeld van hoe Christus wil hê ons mekaar moet behandel (1 Korintiërs 13:2).   Handhaaf kernwaarhede soos die geloof in Christus, Sy dood en opstanding, en verlossing deur genade.  Dit verseker dat eenheid nie bereik kan word Algemene Sinode die evangelie verwater nie (Galasiërs 1:6-9). 

Die bevordering van gesonde gesprek en dialoog skep geleenthede vir oop gesprek.  Skep forums waar mense veilige ruimte het om te deel.  Dit sal help om wedersydse begrip te bou en breek wanopvattings af (Spreuke 27:17).  Eenheid is uiteindelik die werk van die Heilige Gees (Johannes 17:20-23).Ons moet dit ook vermy om mense in groepe te plaas of hul standpunte af te maak as “liberaal,” “fundamentalisties,” of enige ander neerhalende etikette.  Hierdie waaksaamheid sal verseker dat die gesprek op die saak fokus en nie persoonlik word nie. 

In alles moet ons die voorbeeld van Christus onthou.  Jesus het die spanning tussen verskillende groepe soos Fariseërs, Sadduseërs, en tollenaars oorkom deur liefde, waarheid en diens.  Sy voorbeeld wys hoe om konflik met wysheid en liefde aan te spreek (Johannes 13:34-35).   Eenheid is nie gelyk aan eenders nie. Deur liefde, respek en om te fokus op Christus kan mense met uiteenlopende sienings saamwerk en mekaar opbou, tot eer van God.  Laat dit ons strewe wees om in Christus een te wees tot verheerliking van Sy grote naam.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comentários

Avaliado com 0 de 5 estrelas.
Ainda sem avaliações

Adicione uma avaliação
Comments

Compartilhe sua opiniãoSeja o primeiro a escrever um comentário.
bottom of page