top of page

Hoe Voorkom Ek dat Ek soos ‘n Fariseer is

Om te voorkom dat ek as Christen soos die Fariseërs optree, is dit belangrik om bewus te wees van die kenmerke van farisëersgedrag wat Jesus gekritiseer het, en om bewustelik ’n ander pad te volg. Fariseërs het dikwels gefokus op uiterlike gehoorsaamheid aan die wet, maar hul harte was ver van God af (Matteus 15:8).  Om dit te keer moet ek eerlik wees oor my verhouding met God.  Bid, lees die Bybel en vra God om jou hart en motiewe te suiwer. 

Fariseërs het hulself as beter as ander beskou omdat hulle die wet streng nagekom het (Lukas 18:11-12). Om nie ook in hierdie strik te val nie moet ek voordurend myself herinner dat ek uit genade gered is en nie deur my eie dade nie (Efesiërs 2:8-9). Vermy om op ander neer te sien.

Fariseërs het gereeld rëels en morele kodes bo mense gestel, soos om op die Sabbat strenger te wees as wat nodig is (Markus 3:1-6).    Volg Jesus se voorbeeld deur liefde en deernis as die dryfveer van my optrede te maak. Maak die welstand van ander ‘n prioriteit. 

Fariseërs het dikwels uiterlik 'n goeie beeld voorgehou, maar innerlik was hulle korrup (Matteus 23:27-28).  Dit is dus belangrik om met integriteit te leef wat beteken ons privaat en openbare lewe moet belyn wees met mekaar. Wees eerlik oor jou eie tekortkominge en vra gereeld vir God se hulp.

Moenie oordeel nie.  Fariseërs het ander vinnig geoordeel en verwerp, veral dié wat hulle as "sondaars" beskou het (Johannes 8:3-7).  Verhoed dit deur genadig en barmhartig te wees. Onthou dat jy self genade nodig het en dat jy geroep is om ander te help en nie te veroordeel nie. 

Kweek nederigheid.  Fariseërs het gesmag na openbare erkenning en die beste posisies in die samelewing (Matteus 23:5-7).  Ons moet eerder soek na God se goedkeuring as menslike lof. Dien ander nederig soos Jesus dit gedoen het (Johannes 13:14-15). 

Luister na die Heilige Gees.  Fariseërs het vasgehou aan tradisie en God se stem in Jesus se leringe en wonderwerke weerstaan.  Ons moet dus oop wees vir die leiding van die Heilige Gees en bereid wees om ons eie idees en tradisies te heroorweeg as dit nie met God se wil ooreenstem nie. 

Gebed is die sleutel om uit hierdie strik te kom. Ons moet gedurig Bid dat God my sal help om nie in die slaggat van die Fariseërs te val nie. Vra Hom om jou 'n nederige, liefdevolle en genadige hart te gee wat Hom eer en ander opbou.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page