top of page

Die rol van waarheid in die proses van heling

Die rol van waarheid in die proses van heling is fundamenteel en onmisbaar. Sonder die waarheid bly heling oppervlakkig of tydelik. Waarheid se funksie as ‘n helende krag kan op die volgende maniere inwerk:

Die waarheid skep egtheid en vertroue.  Ware heling vereis eerlikheid.  Wanneer partye openlik en eerlik kan sê wat hul pyn, vrese en oortuigings is, begin vertroue groei. Vals vrede, om pyn of spanning toe te smeer, skep bloot ‘n korttermyn-stilstand, maar nie innerlike herstel nie.  Efesiërs 4:15 se balans: “In liefde aan die waarheid vashou” beteken heling vra nie net vriendelike woorde nie, maar ook egtheid. Liefde sonder waarheid is oppervlakkig; waarheid sonder liefde is skerp.

Die waarheid bring lig na wat weggesteek is.  In ‘n verdeelde konteks is daar dikwels “onuitgesproke spanning” of stilpyne.  Wanneer waarheid liefdevol uitgespreek word, bring dit lig na hierdie “olifante in die kamer” en maak ruimte vir eerlike hantering daarvan.  Dit verhoed dat ou wonde met tyd ‘n nuwe konflikbron word.

Die waarheid help onderskei tussen simptome en wortels.  Sonder waarheid bly mense dikwels vasgevang by die uiterlike simptome van verdeeldheid bv. strukture, besluite, sonder om die onderliggende kwessies oor hoe ons bv. die Skrif verskillend interpreteer te hanteer.  Waarheid dwing die kerk om dieper te delf: “Wat is werklik agter ons pyn en spanning?”

Die waarheid maak heling diep en volhoubaar.  Egte versoening lê nie in die vermyding van moeilike waarhede nie, maar in die nederige hantering daarvan.  Wanneer mense die ruimte kry om hul volle waarheid te bekend te maak én om te hoor hoe ander hulle waarheid beleef – word ‘n nuwe kultuur van eerlikheid geskep, wat toekomsgerigte genesing bring.

Die waarheid bewaar teen toekomstige polarisasie.  Wanneer sake nie uitgespreek en verwerk word nie, bou daar onderstrominge van wantroue wat op die lang duur die liggaam verder kan breek.  

Die Waarheid bring gesonde selfondersoek EN gee die kerk kans om te vra: “Het ons dalk selektief onderskei?” of “Hoe het ons verskillende verstaan van die Bybel ons besluit beïnvloed?”

 

Heling sonder waarheid kan ten beste kosmeties wees terwyl heling binne die  waarheid transformerend is.  Waarheid binne liefde gee die kerk die kans om nie net wonde toe te maak nie, maar om dieper genesing en geestelike groei te beleef. 

 
 
 

Recent Posts

See All

Comentários

Avaliado com 0 de 5 estrelas.
Ainda sem avaliações

Adicione uma avaliação
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page