top of page

Besinning oor die Kern van Kerkwees.

Die leierskap van die Namibiese NG Kerk is besig om 'n voorlegging voor te berei vir die 2025 Sinode met die doel om 'n finale besluit te neem oor die beplande afsnyding van bande met die Algemene Sinode van die Suid-Afrikaanse NGKerk. Hierdie besluit is reeds voorafgegaan deur 'n besluit wat geneem is tydens die 2022 Sinode. Die vraagstuk wat tans voor die gemeentes gestel word, is nie óf ons moet wegbreek nie, maar eerder hoe dit behoort te geskied. Dit is belangrik om, te midde van hierdie ontwikkelings, 'n oomblik te neem om te reflekteer oor die kern van kerkwees en die rede vir die Kerk se bestaan. As lede van die Nederduitsgereformeerdekerk in Namibië (NGKN), het ons die verantwoordelikheid, sowel as die reg, om self as individue te besin. Ons moet dus ons kerkrade ondersteun om in ooreenstemming met die Woord van God te handel en ons elkeen ons bydraes te lewer tot die finalisering van hierdie proses. Dit is veral belangrik om te bid vir God se leiding en Hom te vra wat Hy vir sy kerk wil hê. Hier volg 8 onderwerpe om te oordink in die proses van besinning oor wat kerkwees vir ons kan beteken:

  1. Bevestiging van Bybelse gesag

  2. Klem op Liefde en Versoening

  3. Eenheid en Diversiteit

  4. Eenheid is die wil van God

  5. Belangrikheid van Selfondersoek

  6. Toewyding aan Christus

  7. Sien ander raak

  8. Erken Kompleksiteit (1 van 9)



Recent Posts

See All

1 Comment

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Guest
May 15, 2024

Die kern van kerk-wees is Jesus Chritus.

Kyk sommer in 2 van hierdie week se leesrooster skrifgedeeltes (Joh. 17 en 1 Joh. 5) vir skrif bewyse.


Baie meer skrifbewyse en goeie beredenering is te vinde in: Fowler, J.A., 2008. Christianity is not religion. CIY Publishing.

Ek het een wat enige iemand kan leen.


Koos Keyser

koos.keyser@gmail.com

Like
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page