top of page

8.    Erkenning van Kompleksiteit



Terwyl verskille mag bestaan, moet liefde ons leiding gee in die strewe na waarheid, met twyfel as 'n katalisator vir reformasie en persoonlike groei. Baie keer word sake voorgestel asof daar net twee keuses is: reg of verkeerd. Hierdie swart-en-wit benadering laat min ruimte vir nuanses en verskeidenheid van perspektiewe. In werklikheid is die meeste sake kompleks en het hulle verskeie moontlike antwoorde en uitgangspunte. As ons hierdie realiteit besef, kan ons meer oop wees vir nuwe idees en standpunte. Dink daaraan: as daar geen twyfel was nie, sou daar geen wetenskaplikes of ontwikkeling wees nie. Twyfel is 'n noodsaaklike deel van groei en vooruitgang. Wanneer iemand 100% seker is dat hulle reg is, kan dit jou blind maak vir moontlik die waarheid.

Ons moet ons kerklike identiteit bou op die Bybelse kernwaardes wat duidelik in die apostoliese geloofsbelydenis uitgelig word, eerder as op bybelinterpretasies wat kan verander en wat deur ons menslikheid beinvloed word.  Dit is aanvaarbaar om van mekaar te verskil en tog in liefde te bly strewe na die bevordering van die waarheid. Twyfel is 'n natuurlike deel van die reformasieproses en persoonlike groei, maar verdeeldheid is 'n ander saak. Dit is wanneer liefde in gedrang kom en ons die perspektief van die weklike waarheid verloor.   

Ek bid dat ons die hangende oproep tot verbandsverbreking ernstig bedink in gebed en te verseker dat ons elkeen 'n bydrae lewer tot die gesprek, terwyl ons bid vir die oorwinning van Jesus. Mag Jesus ook hierdie pad wat ons loop gebruik om ons nader aan Hom te bring en mag alles tot God’s eer geskied.

Recent Posts

See All

2 commentaires

Noté 0 étoile sur 5.
Pas encore de note

Ajouter une note
Invité
06 juin 2024
Noté 5 étoiles sur 5.

J'aime

Invité
23 mai 2024
Noté 5 étoiles sur 5.

Baie dankie Andre' ek stem heelhartig saam.

Sal ons uiteindelik by dit kan uitkom dat ons kan luister na mekaar?

J'aime
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page