top of page

7.    Sien ander raak



Wanneer ons met mense omgaan wat anders dink as ons, moet ons besef dat ons woorde en dade diep seer kan veroorsaak en verdeeldheid kan saai. Soms is ons opinies so sterk dat ons ander mense eenvoudig nie kan raaksien nie. Dit gebeur so baie dat ons oor mense maar nie met mense praat nie.  Die oproep is om te stop, stil te raak en te begin luister.

As ons die agtergrond en omstandighede van ander begin verstaan, besef ons dat ons eie waarheid nie altyd die enigste waarheid is nie en ons kenwaardes eintlik dieselfde is. Die erkenning van verskille vereis nie net respek nie, maar ook voortdurende liefde.  Om werklik iemand anders te verstaan, moet ons verby ons eie aannames en perspektiewe kyk. Dit kan help om die gaping tussen mense met verskillende sienings te oorbrug en konsensus te vind. Die bou van ons identiteit rondom kernwaardes, eerder as opinies of sienings, kan ons help om minder weerstandig teenoor aanpassing te wees en in die proses mag ons dalk net Christus se liefde beleef.

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page