6. Toewyding aan Christus
- Andre Mouton
- May 20, 2024
- 1 min read

In ons besinning oor die oproep om te besin oor die NGKN se verhouding met die Algemene Sinode is toewyding tot Christus ons begin en einde. Geloof in Jesus vereis meer as slegs dogmatiese getrouheid; dit verg 'n onwrikbare toewyding aan Sy lewe, dood en opstanding. Die uitdaging vir die kerk is dus nie net om 'n suiwer leerstelling oor Jesus te verkondig nie, maar ook om aan mense te demonstreer hoe 'n lewe wat verbonde is aan die lewe, dood, en opstanding van Jesus lyk. Geloof beteken om met verbondenheid aan Jesus te reageer op die verbondenheid van God. Soos 1 Korintiërs 1:9 sê: "God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here" (Die Bybel 2020-vertaling). Dit beteken dat ons nie net ons geloof bely nie, maar dit uitleef in ons dag tot dag lewe, deur ons toewyding en lojaliteit aan Jesus te wys in al ons dade en besluite. Laat ons dus met hierdie oortuiging ons standpunt weeg.
Comentarios