top of page

4 van 7: Van standpunt na perspektief




‘n Mens dink gou dit wat jy vanuit jou gesigshoek sien, is die eintlike weergawe van wat jy waarneem.  Elke deelnemer aan ‘n gesprek dink egter vanuit ’n eie perspektief. Elkeen neem waar vanuit ’n bepaalde gesigspunt. Niemand se perspektief is volledig nie. ‘n Perspektief mag verander. Wanneer ‘n gespreksgenoot sy of haar eie perspektief absoluut maak en daarmee teenoor die ander stelling inneem, breek dit eensgesindheid en bring dit verdeling.  Wanneer gespreksgenote egter mekaar se reg om ’n ander mening oor dieselfde saak te hê, erken, word die speelveld vir dialoog gelyk en word konstruktiewe gesprek moontlik. Om met die werklikheid van verskillende perspektiewe rekening te hou, beteken nié dat alles relatief en enigiets aanvaarbaar is nie.  Dit beteken wel dat ons konstruktief soek na ’n beter waarnemersposisie. Ons wil die probleem of uitdaging beter sien. Daarom verwelkom ons verskillende perspektiewe wat mekaar aanvul en verryk. Die waarde van die kerkverband is onder andere juis dat dit struktuur skep vir gemeentes om mekaar te help om blinde kolle raak te sien en ‘n getrouer perspektief te bereik.

Die term “sien” kom meer as 1000 keer in die Bybel voor. Die konsepte van “kyk”, “sien” en “oog”, met soms verrassende verwysings na perspektief, kom in feitlik elke boek in die Bybel voor. In Eksodus 23:8 hoor ons: “Wanneer jy regspreek, mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit maak dié wat sien blind en laat die saak van die onskuldige skeef loop”. Jesaja 42:18-20 lui: “Luister, dowes, kyk, blindes, dat julle kan sien. In Lukas 6:41-42 lees ons: “Waarom sien jy die splinter raak in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?”. Volgens Johannes 9:39 sê Jesus: "Ek het na hierdie wêreld toe gekom met die oog op ‘n beslissing, sodat dié wat nie sien nie, kan sien, en dié wat sien, kan blind word." Paulus skryf in Ef 1:18: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat God vir die gelowiges bestem het…”.

Recent Posts

See All
Hoe en Waarom Ons God Dien

'n Nuttige manier om na die verhouding tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament te kyk is om te veronderstel dat die ou testament...

 
 
 

留言

評等為 0(最高為 5 顆星)。
暫無評等

新增評等
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page