top of page

4.    Eenheid is die wil van God



Die vorming van geloofsgemeenskappe is van kardinale belang vir die kerk as God se gestuurde in die wêreld. Ons moet die eenheid van die kerk beskou as 'n saak van dodelike erns. Paulus bepleit in Galasiërs 3:1-5 'n groepsbenadering, waar gelowiges hul geloof in hul gemeenskappe moet uitleef. In hierdie gemeenskappe moet gelowiges verantwoordelikheid neem vir mekaar se geestelike ondersteuning en formasie, soos duidelik blyk uit die vele “mekaar” tekste in die Nuwe Testament.

Verdeeldheid en twis trek nie net 'n streep deur die eenheid van die kerk nie, maar ook deur Jesus self. Die kwelvraag is of ons nie besig is om presies dit te doen met die besluit wat voor ons lê nie. Die NG Kerk verklaar in ons Kerkorde dat ons "deur God Drie-enig geroep is om deel te neem aan die missie van God in die wêreld." Dit is tyd dat ons hierdie roeping ernstig opneem, met die besef dat die bewaring van eenheid 'n kritieke konsekwensie is van hierdie roeping. Verdeeldheid in die kerk ondermyn die geloofwaardigheid van die gekruisigde Jesus en moet dus ernstig aangespreek word.

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Comparte lo que piensasSé el primero en escribir un comentario.
bottom of page