top of page

3.    Eenheid en Diversiteit



Die NG Kerk bevestig sy roeping tot eenheid, heiligheid, 'n algemene christelike kerkwees, en apostoliese getuienis, terwyl die oplossing van verskille binne die raamwerk van liefde beklemtoon word. Die wyse waarop ons verskille beleef en konflik binne die kerk hanteer, vorm 'n kritieke deel van ons getuienis as gelowiges. Ons kom sit saam aan 'n tafel waar ons, as geroepe kinders van die Here, binne die raamwerk van liefde mekaar ontmoet om ons verskille op te los. Op hierdie wyse word die Bybel die hoogste bron van gesag in die kerk, en dit lei tot 'n kerklike benadering wat duidelik onderskeibaar is van die wêreld om ons, omdat die kerk in sy essensie anders as die wêreld is.

In Romeine 14:1-23 roep Paulus die Christene in Rome op om hulle verskille te aanvaar. Sy boodskap is dat hulle hulleself so moet rig dat hulle nie op die verskille of partye fokus nie, maar op Jesus. Hierdie fokus op Jesus verander die dinamika van enige gesprek. Die fokus ons in plaas van mekaar te probeer oortuig van ons standpunt waarin ons soek dat almal soos ons te dink en te handel, maar eerder te streef na 'n gesamentlike soeke om soos Christus te word (Efesiërs 5:21 – 6:9).  Die Bybel daag ons dus uit om na te dink oor die hantering van ons verskille, wat dikwels tot verdeeldheid lei wanneer ons op standpunte fokus eerder as om te besin oor wat dit beteken om onderdanig aan Christus te wees.

Recent Posts

See All

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page