top of page

1 van 7: INLEIDING: ‘n Gespreksmatige benadering tot onderskeiding.

Updated: May 8, 2024

Hierdie post verduidelik die benadering wat ATLAS volg in die uitvoering van opdragte. Dit sluit aan by die Algemene Sinode se beleid oor Skrifverstaan, soos verwoord in die besluite van 2011, 2004, 2002, 1990 en 1986. In hierdie posts in 7 dele wil ons 'n opsomming aanbied van werk wat deur verteenwoordigers van die samestellende sinodes gedoen is ná indringende gesprekvoering oor ‘n Gereformeerde verstaan van onderskeiding.  In die Christelike geloof, kan onderskeiding verwys na die vermoë om die waarheid en God se wil te onderskei deur die Heilige Skrif. Dit beteken om aktief te soek na die goeie en nie aksies onderneem wat hul naaste kan beïnvloed nie, soos die Here ons leer en dit in die Bybel openbaar. Ek wil graag die dokument wat deur ATLAS opgestel is vir julle dan nou aanbied onder die hoofde daarvan ten einde die lees daarvan makliker te maak.  Ek self word baie keer afgeskrik deur lang dokumente so om die rede die opdeling:  

Die dokument word as volg verdeel:

2 van 7          Geloof en gesprek

3 van 7          Van debat na dialoog

4 van 7          Van Standpunt na perspektief

5 van 7          Van kompromie na konsensus

6 van 7          Van finale sekerheid na helderheid

7 van 7          Van eiewys na wys

Hierdie skrywe wil net argumenteer dat lewenskeuses nie altyd eenvoudig is nie en dat Christene nie oor alle keuses saamstem nie. Ons lewe in ʼn tyd van onder andere kunsmatige intelligensie en digitale versnelling, wat keusemoontlikhede al hoe komplekser maak en dit sal toenemend meer die geval wees. Gelukkig is ons eenheid nie gewortel in ons eenstemmigheid oor alles nie, maar in wat die werklik die verskil maak: Jesus Christus ons Here. Juis omdat ons een in Christus is, hou ons aan praat met mekaar en luister ons na die Woord, na mekaar en na ander stemme. Die belydenis dat Jesus Christus die Here is, verbind ons in ʼn volgehoue, eensgesinde, gesamentlike

soeke na God se wil. Ek hooi julle sien uit na die "vervolgverhaal".

Recent Posts

See All
Hoe en Waarom Ons God Dien

'n Nuttige manier om na die verhouding tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament te kyk is om te veronderstel dat die ou testament...

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page