1. Bevestiging van Bybelse Gesag
- Andre Mouton
- May 15, 2024
- 1 min read

Om die gesprek te begin is dit belangrik om te besin oor die riglyn van ons lewe. As ons hier saamstem het ons al ver gevorder.
Ons kan saamstem dat die onwrikbare grondslag van ons kerkwees Skrifgesag is. Dit vorm die basis van ons geloof en praktyk, en binne die NG Kerk is daar geen twyfel oor die gesag van die Bybel nie. Tog lee fons in die realiteit dat daar van tyd tot tyd verskille van mening mag wees oor die interpretasie van die Bybel se boodskap. Wanneer die kerk in veranderende tye tot ander besluite kom, beteken dit mos nie dat die gesag van die Skrif misken word of dat vorige geslagte verkeerd gehoor het of selfs dat die kerk wisselvallig is in haar besluite nie. Dit beteken ook nie dat die Bybel verander het nie. Dit is ons wat verander, ons kennis en omstandighede wat verander het. Ons mag en sal soms tot ander besluite as vorige geslagte kom, omdat ons al in hulle toekoms geleef het en daarom anders as hulle sien. Tog bly Sy Woord ons Kompas.
Comentários