Wat Skuil Agter Die Etikette? ’n Dieper Kyk na Spanning in die Kerk
- Andre Mouton
- Jun 22
- 4 min read

Inleiding
In ons kerklike gesprekke hoor ons dikwels die terme “fundamentalisties” en “progressief.” Maar vra jouself af: het jy al ooit iemand ontmoet wat homself só beskryf? Die meeste mense in die kerk kategoriseer hulself glad nie so nie. Hierdie etikette is eerder maniere waarop ons mekaar probeer verstaan – of soms verkeerd verstaan. Hierdie artikel ondersoek:
· Is dit regtig wat mense glo, of is dit bloot persepsies?
· Wat skuil onder hierdie verskille?
· En hoe keer ons terug na die kern van geloof?
Ten einde die polimiek beter te verstaan moet ons verstaan wat hierdie terme eintlik beteken?
Fundamentalisties – word dikwels gebruik om mense te beskryf wat ’n letterlike interpretasie van die Bybel hou, met sterk fokus op leer, sonde en gehoorsaamheid. Dikwels as konserwatief beskou.
Progressief – verwys gewoonlik na Christene wat klem lê op geregtigheid, inklusiwiteit, kulturele aanpassing, en hermeneutiese ontwikkeling. Dikwels as verlig beskou.
Maar die waarheid is: baie min mense noem hulleself só. Hierdie etikette word van buite af toegeken, eerder as dat dit van binne af aanvaar word.
Spannings of Stereotipes?
Kyk hier hoe party algemene persepsies nie altyd die werklikheid weerspieël nie:
Fundamentalistiese Persepsie | Wat Progressiewe Dikwels Eintlik Glo |
Hulle glo nie meer die Bybel is gesaghebbend nie. | Hulle lees die Bybel kontekstueel, met Christus as sleutel tot interpretasie. |
Hulle ontken sonde en oordeel. | Hulle beklemtoon strukturele sonde (bv. onreg, verdrukking) en roep tot transformasie. |
Hulle glo nie meer in Jesus as enigste weg nie. | Hulle glo in Christus se uniekheid, maar is oop vir God se werking buite eksplisiete geloof. |
Hulle wil by die wêreld aanpas. | Hulle glo die Gees spreek soms deur sosiale veranderinge. |
Die werklike verskille is egter dieper
In plaas van ideologiese kampe, ervaar ons dikwels verskille op die vlak van:
Sekerheid vs. Onderskeiding
Bewaring vs. Vernuwing
Gesag vs. Geregtigheid
Regverdigheid vs. Pastorale omgee
“Wat vir my ‘n waarheid is, ervaar jy dalk as ‘n beperking – en tog soek ons albei na Christus.”
Terug na die kern: Die Evangelie
“God het in Jesus Christus mens geword, vir ons sondes gesterf en opgestaan uit die dood, sodat elkeen wat in Hom glo, vergifnis, nuwe lewe met God kan ontvang.”
Hierdie is ons gemeenskaplike grond. As ons dít kan behou, het ons ruimte om eerlik te verskil en steeds saam te groei.

Ek wil elkeen graag uitnooi tot ’n nuwe benadering
In plaas daarvan om mense te etiketteer, vra eerder:
Wat probeer hierdie persoon beskerm?
Waar is hulle seer of versigtig?
Hoe het hulle tot hul verstaan van geloof gekom?
Wanneer ons só luister, sien ons dat agter menings en verskille, geloof en getrouheid dikwels saam bestaan — net op verskillende maniere.
Hier is ’n lys van sleutel teksverse waar die evangelie direk en duidelik beskryf word
1. Johannes 3:16
“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
➡️ Kern van die evangelie: God se liefde, Christus se offer, geloof as antwoord, en ewige lewe as gevolg.
2. Romeine 5:8
“Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin: dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondelaars was.”
➡️ God se inisiatief en genade, nie ons verdienste nie.
3. Romeine 3:23-24
“Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word vrygespreek uit genade, deur die verlossing wat in Christus Jesus is.”
➡️ Die evangelie as gratis genade vir verlore mense.
4. 1 Korintiërs 15:3-4
“Ek het aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het: dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte, en dat Hy begrawe is, en op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.”
➡️ ’n kort credo van die evangelie – Jesus het gesterf aan die kruis, Hy is begrawe en is opgewek uit die dood.
📖 5. Efesiërs 2:8-9
“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. En dit is nie uit julleself nie, dit is ’n gawe van God – nie uit werke nie, sodat niemand kan roem nie.”
➡️ Redding is deur geloof alleen, uit genade alleen, nie eie prestasie nie.
6. Markus 1:15
“Die tyd het aangebreek en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie!”
➡️ Jesus se eie oproep: bekeer en glo – die koninkryk is hier.
7. Handelinge 4:12
“En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is geen ander Naam onder die hemel wat aan mense gegee is waardeur ons gered moet word nie.”
➡️ Jesus alleen is die bron van verlossing.
8. Johannes 1:12
“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié het Hy die reg gegee om kinders van God te word – aan dié wat in sy Naam glo.”
➡️ Die evangelie gee 'n nuwe identiteit – kinders van God.
9. Titus 3:5
“Hy het ons gered – nie op grond van werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar volgens sy barmhartigheid – deur die bad van wedergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees.”
➡️ Verlossing is God se werk van innerlike vernuwing, nie ons eie.
10. Kolossense 1:13-14
“Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis weggeruk en on sonder die heerskappy gestel van Sy Seun wat Hy liefhet, deur die Seun het ons die verlossing gekry, die vergewing van ons sondes.”
➡️ Die evangelie bring redding, vergifnis en nuwe burgerskap in Christus.
Die kerk hoef nie bang te wees vir verskille nie. Die uitdaging is nie om die “regte kant” te kies nie, maar om saam dieper te soek na waarheid in Christus.
Wat beteken dit vir jóú om vandag getrou aan Jesus te wees — in jou konteks, met jou vrae en jou roeping? Het jy al gevoel dat jy tussen kampe vasgevang is? Hoe beleef jy hierdie spannings in jou geloofsgemeenskap? Laat weet in die kommentaar hieronder of stuur vir ons ’n boodskap. Ons gesels graag verder.
Comentarios