top of page

SKRIFBESKOUING EN SKRIFGEBRUIK IN DIE NG KERK




Daar is in die NG Kerk nie onduidelikheid oor die gesag van die Bybel nie. As belydenisuitspraak geld dit vir alle lidmate en ampsdraers dat die Bybel bely word as “Woord van God” Die werk van die teologiese fakulteite in 1986 het die grondslag gelê waarop in ander stukke voortgebou is. Dit het ook verseker dat die NG Kerk se besinning oor Skrifgesag en Skrifgebruik nie losgestaan het van die akademiese navorsing daaroor nie. Daar is n duidelike lyn van afwysing van fundalisme en die gepaardgaande a-historiese letterlike lees van die Bybel. Die historiese konteks waarbinne die Bybel ontstaan het, word ernstig geneem. “What it meant and what it means” is nie noodwendig dieselfde nie. In die hantering van moeilike etiese en leerstellige sake is die Bybel op ‘n konsekwente manier hanteer. Dit is die kerk se geloofwaardigheid ten geode. Alhoewel daar n diep en breë eenstemmigheid in die NG Kerk is oor die gesag van die Bybel, is daar gewoonlik meer as een soort Skrifgebruik aan die werk. Dit is egter opvallend dat die kerk in sy amptelike stukke en besluite kies vir die kultuur sensitiewe lees van tekste. Dit is eie aan n gereformeerde Skrifverstaan dat ook hierdie formulerings oor die Bybel nie as finaal gesien word nie. Dit is soos alle besluite onderhewig aan voortgaande besinning.

Recent Posts

See All
Gemanipluleer of Vry

Artikel 23.1 van die NG Kerkorde bepaal dat besluite van kerkvergaderings of hul gevolmagtigdes bindend is, mits hierdie besluite nie in...

 
 
 

Opmerkingen

Beoordeeld met 0 uit 5 sterren.
Nog geen beoordelingen

Voeg een beoordeling toe
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page