top of page

Roepingslied: Algemene Sinode van 2023

Dr Zander van der Westhuizen het die lied geskryf vir die Algemene Sinode van 2023.  Dit is ‘n roepingsverklaring wat ons elkeen as gemeentelede vir onsself kan aanneem as ‘n persoonlike roeping:



God Drie-Enig roep ons.

Ons Vader roep ons deur sy Woord en Gees,

na ‘n toekoms waar Jesus reeds is.

 

Op die weg daarheen,

 

roep God ons om Hóm te vertrou,

wanneer ons na Sy teenwoordigheid verlang

en smag na die heling wat Hý skenk.

God roep ons om onderweg,

nederig na Sý stem te luister,

en dankbaar vir die verlossing in Christus,

Hóm te volg.

 

God stuur ons – so het ons gehoor –

 

om as ‘n familie van gereformeerde kerke,

in ons verskeidenheid van kulture, tale en gawes

én verenig in geloof, hoop en liefde,

lig en sout vir die wêreld te wees.

 

Ons word gestuur…

… om as gemeentes en saam met ander kerke te getuig van Christus se Evangelie, sy geregtigheid en vrede; (kerugma)

… om in gemeentes veilige, vriendelike tuistes te help skep, waar mense dissipels van Jesus kan wees; (koinonia)

… om met gemeentes en gemeenskappe saam te werk in die verligting van nood en die bediening van hoop; (diakonia)

… om in ons geloof en aanbidding te groei, toegerus om leiding te neem in die bediening van sy Woord en dié roeping wat God op ons harte lê. (leitourgia)

 

“Ons wil doen wat reg is,

ons wil liefde bewys,

ons wil lewe voor U, bedagsaam loop.

 

” Só lui ons Sinodelied van 2023.

Só wil ons God volg,

ons Vader, Verlosser en Trooster

 
 
 

Recent Posts

See All

Comentarios

Obtuvo 0 de 5 estrellas.
Aún no hay calificaciones

Agrega una calificación
Comments

Partagez vos idéesSoyez le premier à rédiger un commentaire.
bottom of page