top of page

Ons Feilbare Interpretering van 'n Onfeilbare Skrif

Die gereformeerde tradisie beskou die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.  Hierdie siening beklemtoon dat die Skrif



die kennisgrondslag vir die kerk behoort te wees. Dit is die riglyn vir geloof en praktyk.  Die Bybel is nie net 'n bron van kennis is nie, maar 'n lewende getuienis van God se openbaring aan die mensheid1.

Daarteenoor word die feilbaarheid van skrifbeskouing aanvaar aangesien dit ‘n menslike proses is. Dit verwys na die erkenning dat ons menslike insigte en interpretasies van die Skrif nie sonder foute of beperkings is nie.

Die feilbaarheid van skrifbeskouing is 'n realiteit. Ons menslike insigte en kontekstuele beperkings beïnvloed ons interpretasies van die Bybel.

Dit is belangrik om 'n nederige benadering te hê en te erken dat ons nie altyd die volle waarheid kan vasvang nie. Ons moet bereid wees om ons sienings te heroorweeg en te leer van ander teoloë en gelowiges.

Recent Posts

See All
Gemanipluleer of Vry

Artikel 23.1 van die NG Kerkorde bepaal dat besluite van kerkvergaderings of hul gevolmagtigdes bindend is, mits hierdie besluite nie in...

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page