top of page

Die vyf hoekstene van ons geloofsverstaan.




 Liewe Gemeentelede in Namibië

Ons moet almal voor einde Mei 2024 betrek word in ‘n Gemeente gesprek oor ons toekomstige Verbintenis met die Algemene Sinode (AS) van die NGK om te gesels en te besin. Daar bestaan in sommige geledere in ons kerk hier in Namibië ongelukkigheid oor standpunte wat by die AS ingeneem is en besluite wat geneem is.  Ons kyk in ‘n dowwe raaiselagtige spiel en het mekaar se sien van die dowwe beeld nodig om die prentjie te probeer verstaan.  Daarom, om dit alles te verwerk en in konteks te verstaan, rig ek hierdie skrywe.

 

Wat is die regte pad vorentoe?

Eerstens is dit belangrik om te verstaan dat die Algemene Sinode nie die NGKerk is nie.  Die Algemene Sinode is ‘n vergadering van Sinodes, wat verteenwoordig word deur ringe (groeperings van gemeentes). Daar word baie sake by sinodes bepreek en daar word saam gedink oor kwessies. Uit die aard van menswees stem almal nie saam met alles wat deur ‘n sinode besluit word nie. Ons band met mekaar is nie watter besluite geneem word nie, of watter sake op die tafel is nie, maar Jesus Christus die Here van ons kerk. Ons staan voor die keuse om op verskille te fokus met die gevolg dat ons al verder uitmekaar uit dryf., Ons kan ook kies om op ons gemeenskaplike geloof te fokus en deur ons verskille te werk en daardeur in diens van God se Koninkryk en sy eer te staan.

Kern van Geloof

Om hierdie bewustelike keuse waarvoor ons staan te maak, moet ons dink oor wat die kern van geloofsoortuigings behoort te wees. In hierdie gesprek nooi ek elkeen uit om op grond hiervan ‘n pad van versoening te stap. Ons verduidelik in die gereformeerde tradisie die grondwaarhede van die Christelike geloof, deur na die vyf Sola’s verwys. Dit is vir ons ‘n soort kompas waarmee ons, ons verstaan van geloof oriënteer.

Die vyf solas se oorsprong kan nie aan een enkele persoon of groep toegedig word nie. Dit het so stelselmatig as’t ware uitgekristaliseer in die kerk na die reformasie. Jy kan hierdie oortuigings in Luther Calvyn, Zwingli en ander hervormers se geskrifte lees wat deur baie eeue steeds vir baie kerke ‘n sentrale uitgangspunt bly.

 

Die vyf Hoekstene van ons Geloofsverstaan.

Solus Christus. Christus Alleen. Ek wil heelhartig my vereenselwig met NT Wright in sy boek “The Chalange of Jesus” dat die christelike kerk se uitgangspunt is dat Jesus van Nasaret, wat ons bely die Christus is en God se volle openbring aan ons is. As ons wil weet hoe God lyk, moet ons na Jesus kyk. Die waarheid van die Bybel is nie ‘n standpunt nie dit is ‘n Persoon. Hy is God se Waarheid vir ons en sy weg is die Weg waarop God ons uitnooi om in sy Koninkryk te leef. Daar is geen ander weg, of manier waarop ons in gehoorsaamheid aan God kan leef, as op die manier waarop Jesus geleef het nie. Hy het homself verloën en die kruispad geloop. Hy roep ons om op hierdie WEG Hom te volg.  In Hom is die reformatoriese belydenis van die 5 Solas, saamgevat.

Sola Fide, Alleen deur Geloof.  Ons verstaan dat die manier waardeur ons verlos word en deel word van God se koninkryk is deur geloof. Ons ontvang dit deur geloof, nie deur ons vermoë om enige iets uit ons self te doen nie. Geloof is om tenvolle op God vir jou redding en lewe te vertrou.

Jesus is die inhoud van ons geloof. Wanneer ons geloof vergelyk met ‘n leë glas. Die leë glas les nie jou dors nie, maar dit wat binnie jou glas is bv water, dít les jou dors. Ons vermoë om te glo red ons nie, Christus wat die inhoud, (water) van ons geloof is red ons.

Sola Scriptura, Die Skrif alleen. Alles wat ons nodig het om van Jesus te weet, is vir ons in die Bybel, neergekryf. Dit is genoeg. Deur die hele Skrif resoneer God se handelinge soos dit in Jesus se leërings, kruisweg, sterwe en opstanding, verbeeld word. Daarom is die Bybel vir ons genoeg. Dit is vir ons die gesagvolle bron, as ons wil weet wie God is; en as ons wil weet hoe om tot eer van God (soli Deo Gloria) te leef.

Sola Gratias, Alleen deur genade Die onvoorwaardelike liefde van die Vader word in Christus vir ons verbeeld. Hy openbaar sy genade aan ons, deur die mens met homself, deur Christus te versoen, toe ons nog goddeloos en sy vyande was. Rom 5.

Soli Deo Gloria. Alleen aan God die eer. God word geeër deurdat mense in geloof hul kruis opneem en Jesus volg op sy weg. God se eer is die oorkoepelende strewe van die kerk. Alles gaan oor die eer van God. Die eer van God is die grootste doel van die kerk. Ons word hiertoe geroep. Om Jesus te volg in sy voetspore is die enigste seker manier om gehoorsaam aan hierdie roeping te wees. Jesus het ons kom wys hoe lyk ‘n lewe tot eer van God! Die vraag wat ek vir jou wil vra, hoe vêr sal jy met gelowiges ‘n pad kan loop wat hierdie belydenis deel van hul lewe maak? Ja ons sal selfs in die woorde verskillende klemme lê. Ons sal selfs die begrippe verskillend interpreteer en verduidelik. Ons sal die waarhede op verskillende maniere uitleef. Nederig is ons afhanklik, bly ons onder ‘n geweldige indruk wat Paulus sê in 1Kor 13. Ons kyk in ‘n dowwe raaiselagtige spieël.   Die punt is dat die esensie nie verander nie. Ons verander, ons perspektiewe is verskillend, maar die Waarheid van God is groter as ons almal.

 

Ek hoop hierdie skrywe kan bydra tot ook elkeen van ons se verstaan van wat ons moet lei in ons soeke na sin en waarheid binne Sy groot Liefde.

 

Aan Hom behoort al die eer

 
 
 

Comentários

Avaliado com 0 de 5 estrelas.
Ainda sem avaliações

Adicione uma avaliação
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page