Vraag: Wat sou julle reken is die kern van die probleem?
- Andre Mouton
- May 3, 2024
- 2 min read
Ek verstaan die kern van die problem as volg. Na apartheid tot ‘n einde gekom het, moes die NGKerk ‘n ommekeer maak in hul beleidenis aangesien hulle apartheid uit die bybel regverdig het. In dieselfde tyd het baie NGKerk lidmate die kerk verlaat en na charismatiese kerke gegaan waar spiritualiteit vooropgestel was. Met die “oper” gemeenskap en groter blootstelling aan ander gemeenskappe in die land en die uitdagings wat voortdurend voor die kerk se deur geplaas was deur die nuwe regeing, was denke diep beinvloed en het daar deur alles saam ‘n nuwe “middel” ontstaan binne die algemene denke en skrifbenadering binne die kerk. In die proses is weer ‘n klomp beginsels herbekyk. Daar was in sommige gevalle ‘n swaai te ver na die liberale kant. Dit het veral ‘n sterk reaksie uit die behoudende kant tot gevolg gehad. Die normalisering vat egter lank om te realiseer en dit het ‘n verhardheid onder veral die behoudende groeppe tot gevolg gehad.
Wat toe verder tot verharding gelei het was die manier waarop argumente gevoer was en gevoer word en die weiring om te aanvaar dat daar wel verskillende invalshoeke tot meeste van die sake was. Almal, insluitende die totale Algemene Sinode was toe beskuldig van alles wat ekstreem was. Dit het ook nie gehelp nie want die doel Heilig NIE die middel nie. Dat die debat ‘n baie belangrike rol speel is ongetwyfeld waar. Dit help net nie as jy in loopgrawe gaan en net op mekaar wil skiet nie.
Die oplossing lê alleenlik om vir ‘n slag eers stil te sit en te sien waaroor daar werklik saamgestem word alvorens ons na die onversoenbare standpunte kyk. Daar is verseker aan beide kante sake wat nie versoenbaar is nie en dit moet ons dan in liefde besluit hoe die kerk voortaan sulke gedrag of posisies gaan hanteer.
Ons kan net vashou aan God se liefde wat hy deur sy woord openbaar en die genadige verlossing wat ons daar Hom ontvang.
Comments