top of page

Vraag: Moet hierdie besluit geneem word agv stellings wat deur Algemene sinode gemaak is?

Dit is baie moeilik vir gewone lidmate om te begryp wat werklik besluit is.  Die interpretasie van besluite en insinuasies van besluite word vanaf 'n enkel hoek gedoen. Daar is verkeerde besluit wat geneem is wat in opvolgende sinodes aangepas is, Daar is sake voor die sinode gebring wat nie aanvaar is deur die sinode nie maar tog voor die deur van die NGKerk gele word asof dit so besluit was. en so is dit baie troebel oor wat die werklikheid is

Die beste sal wees as elkeen maar die jongste sinodebesluite en leerinterpretasies te gaan oplees op die NGKerk se webblad.  Dit is ook belangrik dat elkeen weer die kerk se geloofsbeleidenis met aandag lees en so-ook die heidelbergse kategismus deurwerk en kyk hoe dit die Skrif onderlig.

Wat ons moet verstaan is wat Jesus sou doen en dink. Vra jouself die vraag af: “Wat se dit van God?” en “Waar is God daarin?” Elkeen het 'n deel van die waarheid beet maar weens ons feilbaarheid ontvou die volle waarheid net as ons ons verskillende invalshoeke bespreek en oorweeg in afhanklikheid van God. Nog nooit in die Geskiedenis van gereformeerdheid was besprekings en verskille nie aan die orde van die dag nie. Selfs in tyd van Paulus was daar al verskille. Ek dink ook ons moet mooi gaan lees wat Jesus se benadering was en wat hy se van vergifnis, vrede en eenheid in geloof. Ek hou nie van enkel teksverse om 'n standpunt te steun nie. Lees die hele Nuwe testament en verstaan wat Jesus wil he ons moet doen. Die wet het verander in 'n liefdesgebod wat die verstaan van die wet vir ons verduidelik. Liefde vir God en jou naaste is die kern van die Nuwe testament. Enige standpunt wat dit ondermyn moet met omsigtigheid hanteer word.


 Enige polarisering lei tot onverdraagsaamheid, verdagmaking, verdeling, vyandskap en onmin.  As die sort goed eerste by jou opkom moet jy reeds die rooi ligte sien.

Recent Posts

See All
Gemanipluleer of Vry

Artikel 23.1 van die NG Kerkorde bepaal dat besluite van kerkvergaderings of hul gevolmagtigdes bindend is, mits hierdie besluite nie in...

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page