top of page

Vraag: Gaan hierdie besluit nie ook daaroor dat ons in ons eie onafhanklike land bly met ons eie regering en wette? Moet ons dit nie sien as tyd om selfstandig ons eie besluite te neem nie.

Antwoord:

Daar is geen probleem met ‘n visie van ‘n meer onafhanklike NGkerk in Namibië nie.  Ons het duidelik verskillende behoeftes en probleme wat aangespreek moet word en sou ‘n hergedefinieërde verhouding sin maak binne ‘n konteks waarin NGKN nog ‘n aktiewe rol kan speel in die toekoms van die groter NGkerk.

Daar is voldoende riglyne vir wanneer gemeentes van hul moedergemeentes wil afstig – hoe dit in goeie gesindheid kan gebeur – dit kan die basis wees van herdefiniering aangesien dit ‘n poging is om die woord van God beter uit te kan dra – dit lei tot die groei van die kerk en die vergroting van ons missionale opdrag, nie die versplintering daarvan nie.

Ons kan nie verdeel op ‘n argument waarin ons die ander party as onbekeerd beskou nie.  Ons kan slegs oor herdefinisie praat as die hele standpunt van “inkeer roep” teruggetrek is en daar ‘n behoorlike voorstel op die tafel is wat so ‘n besluit behoorlik argumenteer met duidelike stappe oor hoe dit moet plaasvind.  

Recent Posts

See All
Gemanipluleer of Vry

Artikel 23.1 van die NG Kerkorde bepaal dat besluite van kerkvergaderings of hul gevolmagtigdes bindend is, mits hierdie besluite nie in...

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page