top of page

Volg Sy voorbeeld

Die verlies aan respek en dissipline van die hedendaagse lewe skep 'n groot probleem. Deesdae se kinders word sonder n groot deel daarvan groot want dis nie meer 'n instelling in skool of lewe in algemeen. Die verantwoordelikheid wat daarmee gekweek is het verval en tesame met n liberale siening oor die algemeen is ons uitgelewer aan rasisme en armoeds'boelies'.

Dit bemoeilik ook ons geloofslewe want ons vra dan elke dag dat dit moet goed gaan met ons en dan gebeur die ongewenste soos droogte, dood, finansiële terugslag en eiendomsverlies en voel ons uitgelewer aan die magte van die duisternis. 

Juis dan het ons 'n simpatieke oor nodig en nie n geloofsweep wat houe uitdeel van hoekom luister julle nie, ek het mos gesê ens. Die kernboodskap in die Bybel is liefde! Dis 'n leefwyse vir my, 'n verstaan, omgee en respek.. Die Skrifskrywers is dit eens Jesus Christus is ons Saligmaker wat vir ons verlossing betaal het met Sy bloed! DIS SY LEWENSWYSE WAT ONS MOET NASTREEF!!! 

Die realiteitsfaktor is dat Christus vir ons sondes gesterf het al het evangeliskrywers dit verskillend opgeskryf. Tereg het elke mens sy eie vertolking en siening oor situasies en dit maak ons as mens uniek. Feit bly, ons streef almal na 'n hiernamaals en die aanloop vir ons as Christene is 'n vaste geloof in Christus se genadegawe en deur reeds op aarde 'n lewe tot Sy eer te leef! Saam daarmee om ander te inspireer om positief, mededeelsaam, liefdevol en met respek' n dankbare lewe te lei!

Recent Posts

See All
Die Les van 4 Evangelies

Die verskillende skrifinterpretasies en die verskille tussen die vier evangelies in die Bybel is twee aparte, maar verwante kwessies....

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Comments

Share Your ThoughtsBe the first to write a comment.
bottom of page