Vraag: Wat is die invloed wat instemming tot 'n wegbreek op ons as lidmate gaan hé?
- Andre Mouton
- May 3, 2024
- 1 min read
Antwoord:
As ons aanvaar dat ons die AS moet verlaat op ‘n punt van “ek is reg en jy is verkeerd” kan dit net lei tot tweespalt en verdeling van gemeentes en tussen gemeentelede. Daar is binne Namibie net soos is Suid Afrika verskil in sienings en benaderings, so ‘n wegbreek op die voorgestelde grondslag gaan nie die problem aanspreek nie. Veral in die afwesigheid van duidelike riglyne hoe die “Nuwe” kerk gaan lyk en opereer.
In die tweede plek lei onverdraagsame stellings met “onduidelike aantuigings” tot verdagmakery tussen lidmate en in plaas dat ons werk aan God se werk, skinner en verdeel ons ons reeds klein gemeenskappe.
Geen verdelingsstrategie kan ooit ‘n goeie uitkoms hê nie. Ongelukkig is die enigste plan om voretoe dinge beter te doen deur saam te worstel en tyd te gebruik. Die beginpunt is om die beginsels te bevestig waaroor daar saamgestem word. Die manier waarop dit gedoen word is ook belangrik want dikwels word die stryd in die liefdeloosheid van die argumentering verloor.
Comments