Vraag: Ons hoor daar word gesê die leierskap is swak en daarom het ons hierdie probleme?
- Andre Mouton
- May 3, 2024
- 3 min read
Antwoord:
Die kwaliliteit van ‘n leier is onderhewig aan verskeie faktore. Daar is verskeie inherente eienskappe van ‘n persoon wat hom ‘n leier maak wat almal nie noodwendig het daai eienskappe nie. Ek wil hierdie standpunt op verskeie manière toelig:
In die eerste plek gaan dit oor die eienskappe en optede van die leier self. die volgende eienskappe is onder andere teenwoordig by swak leiers:
Gebrek aan Integriteit: Integriteit is ’n kernvereiste vir goeie leierskap. As ’n verkose leier betrokke is by korrupte praktyke, leuens, of onetiese gedrag, sal dit sy of haar geloofwaardigheid ondermyn.
Slegte Kommunikasie: Effektiewe kommunikasie is noodsaaklik vir leiers. As ’n leier nie duidelik kommunikeer nie, kan dit tot verwarring en frustrasie by die gemeenskap lei.
Onvermoë om Probleme Op te Los: Leiers moet in staat wees om uitdagings aan te spreek en oplossings te vind. As ’n leier nie doeltreffend optree nie, kan dit as swak leierskap beskou word.
Gebrek aan Visie en Rigting: ’n Leier sonder ’n duidelike visie en rigting kan stuurloos lyk. Gemeenskappe wil leiers hê wat ’n helder prentjie van die toekoms kan skets en ’n pad daarheen kan wys.
Magsmisbruik en Egoïsme: As ’n leier sy of haar posisie gebruik vir persoonlike gewin, eer, of mag, sal dit negatief beskou word. Gemeenskappe wil leiers hê wat diensbaar is en nie hul eie belange vooropstel nie.
Gebrek aan Empatie en Medemenslikheid: Leiers moet empatie hê vir die mense wat hulle dien. As ’n leier nie omgee vir die welstand van sy of haar gemeenskap nie, sal dit as swak leierskap beskou word.
Slegte Prestasie en Resultate: Uiteindelik word leierskap gemeet aan die resultate wat bereik word. As ’n leier nie positiewe impak maak nie – of selfs skade aanrig – sal dit as swak beskou word.
Dit is belangrik om hierdie faktore in ag te neem wanneer ons leierskap evalueer of kritiseer of selfs verkies. Elke situasie is uniek, en dit is nie altyd maklik om ’n oordeel te fel sonder volledige inligting nie. Ons moet altyd strewe na ’n eerlike en objektiewe beoordeling van leierskap, met die gemeenskap se belange as prioriteit. Onthou die leiers is deur hul mense verkies en dus moet ons darby ook stil staan.
Die verkiesing van die leier in ‘n demokratiese proses.
Wanneer ‘n leier deur ‘n demokratiese proses verkie word is daar altyd twee kante behalwe as die verkiesing eenparig was. Die wat vir die leier gestem het en die wat vir iemand anders gestem het en dus teen hom gestem het. Die persoon met die meerderheid stemme kry die leierskapsposisie. In ‘n demokratiese proses berus die minderheid by die wil van die meerderheid en word die leier ondersteun. Sou daar sake wees wat verkeerd in die oë van die minderheid is, is daar altyd maniere om die stem te laat hoor op verskillende forums en vertoë sonder om die verkose leiers met disrespek te hanteer. Wanneer die leierskap hul wel skuldig maak aan een of meer van die punte hierbo genoem kan hulle voel dat die leiers swak is en is daar manière om dit aan te spreek.
Wat nou egter gebeur en ek glo ons nou konfronteer is wanneer leierskap die visie van die meerderheid volg en die meerderheid oor tyd nie leiers kies wat die minderheid ondersteun nie, ontstaan daar ‘n gevoel van afkeuring en moedeloosheid by die groep en word die integriteit van die leierskap aangeval. In plaas daarvan om die bydra wat deur hulle voortdurend lewer om die koers te beinvloed is daar ‘n onverbiddelikheid wat glo die organisasie moet omver gewerp word want dit, voel so 'n groep, is nou hul enigste uitweg. Dan beswadder ons maar die leierskap en bekuldig hulle van dwaling en maak hulle uit as onbekeerde vals profete. “divide en rule” raak dan ‘n stryd om mag want die geloof begin ontstaan dat slegs as hulle die mag oorneem, gaan dinge verander.
Net soos alle dinge binne die kerk moet ons seker maak dat ond Jesus en sy voorbeeld eerste stel. Die doel Heilig NIE die middel nie. Ek sou ook voorstel dat mense afvra nie wie en waar spesifiek verwys word binne so ‘n stelling en hoe dit uitspeel.
Die eienskap wat hier Magsmisbruik en Egoïsme genoem word, kan seker ook na verwys word as die gebrek aan "Transendente Diensleierskap", soos Jesus ons geleer het.