Vraag: Daar word gesê dat die opleiding van teoloë in Suid Afrika swak is en nie meer die NGKerk dien nie. Hoekom sê die moderamen so?
- Andre Mouton
- May 3, 2024
- 1 min read
Antwoord:
Suid Afrika het in 1994 ‘n nuwe politiese bestel betree wat verreikende omwentelinge tot gevolg gehad het, ook binne teolgies opleiding aan die Universiteite. Voor 1994 het die NGKerk en die regering naby mekaar beweeg en het hulle die voorreg gehad om die sekere teologiese skole in die land te beheer en volle invloed te he in die aanstellings van professore en ander opleiers. Min vra was gevra. Met die totstandkoming van die nuwe bedeling het die NGKerk grootliks die houvas hieroor verloor en teologiese studente word gekonfronteer met ‘n groter verskeidenheid van gelowe en teologiese benaderings. Nou het die onus verskuif na die individu om seker te maak dat hy kan onderskei wat reg is maar dit plaas hom nou in die groter wêreld waarin mens gekonfronteer word met verskillende uitgangspunte. Wat hier dus nou belangrik raak is die begeiding wat die NGKerk aan sy studente verskaf om hulle by te staan deur hierde moontlik verwarrende omgewing. Dit is dan ook presies wat die aanpassing is wat deur die kerk gemaak word.
Die vraag moet sekerlik ook gestel word hoe dit hier in Namibie anders gaan wees. My gevoel is dat ons eerder te make het met 'n soeke na beheer om die naratief van opleiding so te bestuur dat dit net een skrifbeskouing dien. Dit kan mens net doen as jy alles beheer.
Comments